Al-Aqsa-moskee

Al-Aqsa-moskee
Ligging  Jerusalem, Israel
Voltooi  705 n.C.
Spesifikasies 
Minaret(te)  4
Koepel(s)  2 groot + tien kleineres
Kapasiteit  5 000+
Materiale  Kalksteen (buitemure, minaret, fasade) druipsteen (minaret), goud, blaar en klip (koepels), wit marmer (binneland kolomme) en mosaïek
Styl  Vroeë Islamities, Mameluk
Die suidelike klaagmuur van die Tempelberg. Die koepel van die Al-Aqsa-moskee kan ook gesien word.

Die Al-Aqsa-moskee (Arabies: المسجد الاقصى‎‎ Al-Masjid al-Aqsa, [ʔælˈmæsdʒɪd ælˈʔɑqsˤɑ], , letterlik: "Die Verste Moskee"; Hebreeus: מסגד אל-אקצא‎‎ Misgad al-Aktsa) verwys gewoonlik na die suidelike moskee in Jerusalem. Die Islamitiese reg bepaal egter dat die hele kompleks wat vandag as die Al-Haram al-Qudsi al-Sharif ("Die Geseënde Heiligdom") aan Moslems bekend is, insluitende die Rotskoepel, deel is van die Al-Aqsa-moskee.[1][2][3]

Die moskee se vergadersaal kan ongeveer 5 000 aanbidders huisves, terwyl die moskeekompleks in sy geheel etlike honderde duisende kan akkommodeer.[4]

Die regering van Israel het die Moslemraad, die Waqf, volle administratiewe beheer oor die kompleks gegee. Niemoslems word nie toegelaat om die moskee te betree nie.[5]

  1. Al-Masjid Al-Aqsa is die oudste Islamitiese naam vir die gebied en is gebruik totdat die Mamelukke die term "al-Haram al-Qudsi al-Sharif" begin gebruik het. (M.H. Burguoyne, Mamluk Jerusalem, London, 1987; Aref al-Aref, The Detailed in the History of Jerusalem, 1961, bl. 219; Oleg Grabar, The Haram al-Sharif: An essay in interpretation Geargiveer 4 Oktober 2012 op Wayback Machine, BRIIFS vol. 2, no. 2 (Herfs 2000).
  2. Ibn Taymiyah, A Great Compilation of Fatwa, Vol2, bl. 62.
  3. Palestinian Encyclopedia Volume 4, bl. 203
  4. Op 31 Desember 1999 het meer as 400 000 Moslemaanbidders die Vrydaggebede by die al-Aqsa-moskeekompleks bygewoon [1]. Sien ook [2] en [3]
  5. "Reiswebwerf met inligting oor die moskee". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Maart 2022. Besoek op 23 Maart 2013.

Developed by StudentB